Die
Joernalis se Agenda
Reeds
vanaf die eerste paragraaf van "Die Bybelsmokkelaar
se agenda" (Die Burger 15/02/2002), is dit duidelik
dat Johan van Zyl se artikel nie 'n objektiewe artikel
is wat fokus op die verwante aangeleenthede nie, maar
eerder dat dit 'n persoonlike aanval is, gerig teen my.
"Die
Bybelsmokkelaar se agenda" is propvol sarkastiese
en bevooroordeelde aanmerkings wat geensins betekenisvol
of verwant is nie. Verder is die artikel deurspek met
onakuraathede. Ten spyte van wat Johan van Zyl sê
is ek nie in Zimbabwe gebore nie en ek is ook nie in Zambia
gearresteer in 1987 omdat ek die land onwettig binnegegaan
het nie. Ek het nog die visum stempel in my Paspoort van
daardie tyd wat deur die Zambiese immigrasie beampte ingestempel
is. Die Zambiese regering het op 'n latere geleentheid
verskoning aangeteking aangesien hulle ons aangehou het
sonder aanklagte teen ons.
Waar
u verslaggewer sy inligting vandaan gekry het dat ek met
'n Honda 250cc motorfiets Sudan toe is, slaan my dronk!!
Enige iemand wat iets van motorfietse en basiese geografie/aardryksunde
af weet, sal weet dat dit 'n geweldig tydsame oefening
sal wees om die 7000 km van Kaapstad na Sudan op 'n 250cc
aan te durf !
Die
artikel ignoreer die feite wat ter tafel gelê word
in ons nuwe boek "The Pink Agenda - Sexual Revolution
and the Ruin of the Family" word eerder daarop toegespits
om die persoon aan te val. In plaas daarvan om objektief
met die aangeleenthede om te gaan, gaan Van Zyl eerder
oorboord met emosionele subjektiwiteite. Hy beweer dat
ons boek onakuraat en selektief is, hy bly egter by gebreke
om enige spesifieke onakuraathede uit te wys. Die artikel
"Die Bybelsmokkelaar se agenda" self is egter
'n uitstekende voorbeeld van selektiewe en onjuiste verslaggewing.
Nie
gediend met onakurate aanhalings en verkeerdelike vertalings
van wat ek in die 2 uur lange onderhoud gesê het
nie, het die joernalis nog laer gedaal en woorde in my
mond gelê en aanmerkings verdig en geplaas wat ek
nooit geuiter het nie. Van Zyl beweer dat ek nie wil debateer
nie terwyl ek gereeld in die openbaar by vergaderings
en oor die radio debate voer, inteendeel, ek geniet 'n
goeie redenasie. Gedurende die onderhoud het Van Zyl deurentyd
die indruk geskep dat hy een is met my waarnemings dat
die Film en Publikasie Raad se uitspraak teenstrydig was,
dat baie van die versoeke vir sensuur vanuit die homoseksuele
drukgroep geveinst is ens. Die oogmerk van ons boek is
juis om oop gesprekke en debatte oor die onderwerp te
bevorder en aan te moedig. In plaas daarvan om van aangesig
tot aangesig sy sienswyse met my te bespreek en die onderwerp
openlik te debater het u verslaggewer eerder besluit op
bedrog/misleiding en die publisering van karakter-sluipmoord.
Ek
word daarvan beskuldig dat ek oorlogswapens in oorlogsgebiede
inneem waar ons betrokke is met Bybelverspreiding, mediese,
evangelistiese en hulpverlenings aktiwiteite. Dit is ongegronde
laster. In die afgelope 20 jaar van diens aan lydende
mense in geslote areas het ek al honderde duisende Bybels
en Christelike boeke, tonne mediese, landboukundige en
opvoedkundige voorraad ingesmokkel, maar nog nooit oorlogswapens
nie.
Related
articles:-
The Biblical Response
to Slander