Peter Hammond

Die offisiële regering van Sudan, die Ministerie van Buitelandse Sake webtuiste, sluit 'n artikel in wat verklaar dat die sendeling Peter "Hammond moet verwag om gebom te word wanneer hy na Sudan toe kom... hy moet verwag om op sig geskiet te word."

Dr. Peter Hammond is 'n sendeling wat evangelistiese uitreike na die oorlogsones van Mosambiek, Angola en Sudan gepionier het. Peter het al honderde duisende myle gereis, baie keer per motorfiets om Bybels aan vervolgde Christene in Afrika en Oos Europa af te lewer. Tydens sy sendings aktiwiteite was Peter al deur hinderlae, lug- en artillerie aanvalle; op geskiet, met 'n mes gesteek, geslaan deur bendes, gearresteer en in die tronk gesit.

Tydens sommige sendingsaksies is hy met tonne Bybels, boeke en hulpmiddels, ver agter vyandige grense na die beleërde Nuba Berge in Sentraal Sudan gevlieg. Waarna hy deur die verwoeste Nuba Berg gebiede geloop het en die Jesus film in Arabies gewys het, die evangelie verkondig het en pastore opgelei het, alles terwyl hy die vyandige patrollies vermy het.

Dr. Peter Hammond is die Stigter en Direkteur van "Frontline Fellowship" en die Stigter en Direkteur van "Africa Christian Action" en die Voorsitter van "The Reformation Society".

Hy is die outeur van The Greatest Century of Reformation, The Greatest Century of Missions, The Power of Prayer Handbook, Faith in Action, Slavery, Terrorism and Islam, Biblical Principles for Africa, Faith Under Fire in Sudan, Holocaust in Rwanda, The Great Commission Manual, Putting Feet to Your Faith, In the Killing Fields of Mozambique, Discipleship Handbook en hy was die mede-outeur of het bygedra tot: Fight for Life, Make a Difference, The Pink Agenda, Character Assassins - Dealing with Ecclesiatical Tyrants and Terrorists, South Africa - Renaissance or Reformation? en Reforming our Families Hy is ook die redakteur van beide Frontline Fellowship News en Christian Action.

Sedert 1982 is Peter toegewy aan die vervolgde Christene en om te werk vir hervorming en herlewing in Afrika. Peter het die Biblical Worldview Seminar en Great Commission Course ontwikkel om kerke to mobiliseer om omvattend die heerskappy van Christus in alle areas van die lewe toe te pas, en om die Groot Opdrag te vervul.

Peter was gebore in Kaapstad (in 1960) en het groot geword in Bulawayo. Hy het tot bekering gekom in 1977, gewerk in Scripture Union en Hospital Christian Fellowship, gedien in die Suid Afrikaanse Weermag en gestudeer by die Baptist Theological College, Kaapstad. Hy het ook 'n Doktoraat in Sendingwerk verwerf en het 'n eredoktoraat in teologie. Peter is getroud aan Lenora (wie se ouers, Ds. Bill en Harriett Bathman, sendingwerk in Oos Europa vir meer as 50 jaar gepionieer het). Peter en Lenora is geseënd met vier kinders: Andrea, Daniela, Christopher en Calvin, vir wie hulle tuis onderrig.




 

 









 

 

 

 

 

All rights reserved | Contact the webmaster for comments and questions about the site